
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp βn GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder βn sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! π
Welkom by Dik Wors!
Klein Saterdag is weer hier en soos altyd lewer Suid-Afrika sy weeklikse porsie vermaak, gratis en sonder enige moeite.
Die ekonomie wys glo tekens van herstel, maar Cyril waarsku dat ons ons vir moeiliker tye moet regmaakβ¦
Vertaling: βJyβ¦ die af-arm ou in die rolstoelβ¦ Ons gaan jou rΓͺmp na die deur toe, wat ons met vuurhoutjies gebou het, net so bietjie steiler maak en met sunlight seep smeer. Vas byt, hoor. Ons is seker jy sal reg kom. O, ja. Jou stoelstoter is ge-fireβ¦β
Dit vat βn spesiale talent om dieslefde grap vir 30-jaar oor en oor te vertel sonder skaamte.
Gooi dan maar βn lang wa, steek βn groot vuur aan en braai βn lekker dik wors, want al wat βn mens kan doen is lag!π

Bafana-Banana is in Mexico! Altyd βn goeie grap op sy eie. Kom in die game want die bet is obvious! β½π
Bet Smarter on Americaβs Sports Exchange
Novig is redefining sports betting by putting you in control. As Americaβs sports exchange, it lets you trade directly with other users for better prices, tighter spreads, and lower fees than traditional sportsbooks. There are no hidden marginsβjust a transparent marketplace built for smarter decisions and bigger potential returns.
Whether you're a casual fan or a seasoned bettor, Novig gives you the edge youβve been missing. Sign up now and get $50 in Novig Coins for your first deposit of $5, and experience a better way to bet on sports today.
Vinnige en fyn lyne!π
Gert en Attie sit in die kroeg en drink 'n paar biere.
Gert: "Vier jaar gelede was ek op 'n staptog in die Drakensberge en toe raak my vrou swanger. Twee jaar gelede was ek daar vir 'n tweede keer en toe raak sy weer swanger."
Attie: "Dit wil vir my lyk of daar iets in daai berge se lug is. As jy weer soontoe gaan, moet jy haar dalk by die huis los."
Gert: "Nee, my maat⦠Hierdie keer neem ek haar saam."
Juffrou in klas: "Waar is Jesus gebore?"
Janneman: "Bloemfontein, Juffrou."
Juffrou: "Nee, Jannie. Dit was in Bethlehem."
Jannie: "Ek het geweet dit is in die Vrystaat."
Juffrou: "Punte vir die poging, maar dit is ook nie moontlik nie, ou seun.
Daar is nie wyse manne in die Vrystaat nie!"
Sipho, die swerwer: "Ek soek hom die job. Ek werk hard. Ek soek min pay. Ek is honest. Ek strike nie. Ek gaan nie elke maand by die funeral."
Jan, die mielie boer: "Mooi Afrikaans! Ek het 'n goeie job vir jou! Hoe klink R50k per maand, 6 weke verlof, 'n huis, mediese fonds, pensioen en 'n double cab Hilux bakkie."
Sipho: "Wauw! Jy lieg vir my."
Boer Jan: "Ja, maar jy het eerste begin."
Erika plant βn pantoffel in die sitvertrek met haar hande in haar sye.
"Liewe magtig, Mike! Suip jy alweer? As ek jou sien, sit jy met 'n glas brandewyn in die hand."
Mike: "Dit help vir verkoue, my skat."
Erika: "Dan sit en lieg jy ook nog. Jy het mos nie verkoue nie."
Dis toe dat Mike sΓͺ: "Dan kan jy mos sien dit werk!"
'n Kinder Psigiater is besig met 'n groepsessie vir jong moeders en hul kleuters.
"Vandag se sessie handel oor obsessies. Elke mens het 'n geheime obsessie wat gereeld in sy of haar alledaagse lewe manifesteer.
So kan ek baie gou agterkom wat jong moeders soos julle se obsessie is, deur te kyk wat die naam van jou kleuter is."
Die slim man memoriseer vinnig sy naamlys en gaan sit oorkant op sy stoel.
"So byvoorbeeld het Mevrou Botha 'n obsessie met lekkergoed, want sy noem haar dogtertjie Candy.
Mevrou Adams het weer 'n obsessie met drank, aangesien sy haar dogter Brandy noem."
Daar is 'n geskuifel en 'n mamma het vinnig haar seuntjie aan die hand beet. Soos hulle beweeg na die uitgang, fluister syπ

Wees skerp, wees gewapen ππ₯
Rolbal is die sport met die hoogste sterftesyfer ter wΓͺreld.
Moenie 'n vrou kwaad maak nie, want dan onthou sy goeters wat nooit gebeur het nie.
Wanneer 'n hanswors in 'n kasteel intrek, word hy nie 'n koning nie β die kasteel word 'n sirkus.
Navorsing toon dat Robbeneiland die eiland is wat die meeste miljoeners opgelewer het.
Om 'n vrou se hart te wen, moet 'n man oop kaarte speel β goue kaarte, platinumkaarte, ensovoorts.
Moet nooit met jou vrou ooreenkom dat julle nie kwaad vir mekaar sal gaan slaap nie β voorkant toe mag jy vele slapelose nagte hΓͺ.
As jy geld by 'n bank leen, is dit jou skuld.
Moenie iemand wat 'n mooi snor het, daaroor komplimenteer nie, want sy mag daarna nie meer met jou vriende wil wees nie.
Suid-Afrika is die enigste land waar diewe as "Honourable Member" aangespreek word.
Los brannas en coke β dit maak dat jy jou vrou misslaan.
Om 'n vrou na haar ouderdom te vra, is soos om 'n tydbom se drade in die donker te knip.
Wyn word beter met tyd, maar die mens word nie beter met wyn nie.
Moenie geld leen aan iemand wat dit benodig vir plastiese chirurgie nie.
'n Trouring is die duurste boeie wat daar is β kies dus jou sielsmaat versigtig.
Getroude mans lewe langer as wewenaars.
Dat βn groot nood jou so deur die blare kan maak! π
Terwyl Suster Hannah in die dorp is om inkopies vir die klooster te doen, kry sy 'n vreeslike groot roep van die natuur.
Sy knyp vir al wat sy werd is, maar besef gou dat sy dit nie betyds tot by die klooster gaan maak nie. Die naaste toilet is in Sam's Bar skuins oorkant die pad van haar.
Sy skraap haar moed bymekaar en huppel-stap daar in met haar tradisionele pikkewyn kleding.
Dadelik raak dit tjoepstil en terwyl sy na Sam stap waar hy agter die kroeg staan, kan sy voel hoe al die manne se oΓ« op haar gerig is.
Met bloedrooi wange vra sy hom of sy asseblief die kroeg se toilet mag gebruik, waarop Sam antwoord:
"Sekerlik, Suster. Maar u sal moet verskoonβ¦ In die gangetjie oppad is 'n standbeeld van 'n lang, kaal man wat slegs 'n vyeblaar aan hetβ¦β
Toe 'n baie verligte Hannah 'n rukkie later terugkeer begin almal hande klap en voete stamp, terwyl daar selfs 'n paar fluite opklink.
Hierdie keer bloos sy nog erger, maar besluit nogtans om by Sam uit te vind waaroor dit nou juis gaan.
Hannah: "Toe ek netnou hier instap, het almal stil geraak en my aangekyk asof ek van 'n ander planeet af kom, maar nou klap hulle hande terwyl hulle lag en fluit..?β
Sam: "Suster, jy is sopas as een van die span aanvaar. As jy iets wil drink, die eerste dop is op die huis."
Hannah: "Nee, dankie. Jy weet ek kan nie. Maar op grond van wat aanvaar hulle my nou so skielik?"
Sam: "Die standbeeld in die gang is ook βn staan lamp. Die vyeblaar is βn switch watβ¦ Laat ek dit so stel, Susterβ¦β π

Stap jouself maer en gesondπ
Curious why everyoneβs talking about Tai Chi Walking? This gentle 30-minute routine blends mindful movement and breathing to help burn fat, improve balance, boost mood, and strengthen your bodyβwithout punishing workouts. Take the quick quiz to unlock your free printable plan, plus personalized coaching, workouts, and expert nutrition tips.
ONS MOOI TAAL βοΈ
Die jaglanterns op die berg is nou weg
en bokke roep verlangend na hul maats.
Hoe maklik sou ek snags kon slaap,
het ek nie met hul die seer gedeel.

Pa se trots!ππ
Sean en Ghurty is 'n brandarm Ierse paartjie en Amy is hul enigste dogter.
Toe sy die dag 16 word, loop sy weg van die huis af en "verdwyn" net eenvoudig van die aardbol.
βn Paar jaar later hou 'n weelderige motor voor hul huisie stil en 'n beeldskone, deftige vrou klop aan die deur. Dit is sowaar Amy.
Sy omhels vir Ghurty, trek haar pelsjas uit en hang dit om haar huilende ma se skouers. Juis toe kom Sean die huis binne.
Hy erken dadelik sy dogter en bars los:
"Waar op aarde kom jy vandaan? Ons was byna dood van bekommernis!
Kyk net hoe oud het jou arme ma in hierdie tyd geword.
Nou verskyn jy uit die bloute in 'n fancy kar, asof niks verkeerd is nie.
Jy behoort jou te skaam, juffrou!"
Toe hy asem skep, val Amy hom in die rede:
"Ai, Pa en Ma, ek het destyds besluit om self iets te doen, om julle van hierdie elendige bestaan te verlos. Ek het weggeloop en 'n prostituut geword. Vandag wil ekβ¦"
Maar woedend val Sean haar in die rede:
"Is jy mal in jou kop, juffrou? Ons mag dalk arm wees, maar ons het ons trots. Ons is gelowige Katolieke wat gereeld kerk toe gaan. Hoe dink jy moet ons die mense nou in die oΓ« kyk?"
Amy hou die karleutels na hom uit en sΓͺ:
"Ek het so iets verwag, en daarom het ek hierdie kar reeds met die koop in Pappa se naam geregistreer. Ook het ek geweet hoe graag Mamma altyd 'n pelsjas wou hΓͺ."
Sy maak haar handsak oop en haal 'n groot koevert uit.
"Hier is die transportakte in julle naam vir βn huis langs die gholfbaan. Dan het ek vir Pa hierdie Rolex en vir Mamma hierdie diamanthalssnoer, om by haar jas te pas!"
Met monde wat oophang, staar die ouers na die duur geskenke, en Sean sΓͺ:
"Ai, my kind, jy moet verstaan, dis moeilik vir ons.
Hoe het jy nou weer gesΓͺβ¦ Wat het jy geword?"
βProstituut, pappaβ¦"
"Ag, dank die Vader. Kom hier, laat Pa jou 'n drukkie gee!"
Ek dog jy sΓͺ 'n Protestant!

ChatGPT gebruikers! CLAUDE slaan baie harder en beter. Probeer hom gerus!π
100+ Claude Code hacks to ship code 10X faster
Top engineers at Anthropic say AI now writes 100% of their code.
Are you using AI to write yours?
These 100+ Claude Code hacks show you exactly how. Sign up for The Code and get:
100+ Claude Code hacks β free
The Code newsletter β learn the latest AI tools and skills to code faster in 5 mins a day

Robbie is soos βn Engelse Tollaπ
Het jy laas week se Dik Worse gemis? π

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!
Geniet die week saam met mense wat saak maak, en sterkte daar buite!
Gee vir βn vriend βn bietjie sonskyn en deel die Dik Wors boek! π
Tot Vrydag, en onthou altydβ¦
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors





