Sponsored by

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan.

Elke lid kry ‘n gratis Dik Wors e-boek met 111 grappe en stuitige vertellings nou dadelik met die welkom brief! 👇

Welkom by Dik Wors!

As brandstofpryse lyk soos hulle lyk, wonder mens of die regering nie sommer diesel direk uit ons bankrekeninge wil tap nie.

Teen hierdie tyd ry Suid-Afrikaners nie meer op brandstof nie…

Ons ry op hoop, skuld en Checkers Xtra Savings-punte.

En natuurlik, nes die brandstof duurder raak, staan die verkeerspolisie skielik weer soos paddastoele langs elke pad - Want ‘n fine is mos wat mens nou nodig het.

Dis amper asof hulle die reuk van ‘n vervalde lisensie en ‘n oop Black Label deur ‘n toe Hilux-venster kan ruik.

Die enigste mense wat nog vinniger as die brandstofprys beweeg, is die ANC wanneer daar gratis buffet kos by ‘n konferensie is.

Maar nou ja… voor jy na die nuwe kos prys gaan kyk en begin wonder

“Watter vars hel is hierdie?”

En of jy dalk die maand met paraffien en ‘n donkiekar gaan moet rol…

Hier is hierdie week se vars klomp k@k praat…

Dis Klein Saterdag!

Sit vir Kurt hard aan, maak ‘n groot vuur, en kom ons duik in!

Om die pyn te verlig, vars uit die Dik Wors kis: “R50 vir jou” 👇

Moet nooit weer sukkel om ‘n Powerpoint of PDF of voorlegging te skep nie…👇

Moda is the AI design agent with taste

Moda's viral launch hit 4.4 million views in two days. Tens of thousands of professionals signed up. Startups, agencies, forward-thinking brands and top firms are now using Moda to create brand-aligned slides, ad creative, reports, social carousels and more.

Most AI tools tend to create what we call "AI slop": repetitions of the same colors, layouts and fonts. And when you try to fix it, you get stuck in a loop of re-prompting.

Moda is different. Drop in your website URL, and Moda learns your brand from the ground up: your colors, your fonts, your visual language. Then it helps you generate pro-quality slides, docs, and marketing assets. 

The best part? Every layer is fully editable on a real canvas, and exports to powerpoint, PDF and more.

Kort kappe en lae houe…👇

Na ‘n groot rusie, heers daar die hele dag stilstuipe tussen n man en sy vrou.

Teen die aand sê sy vir hom:

“So ‘n bakleiery is nie goed nie. Kom ons twee gaan ‘n ooreenkoms aan. Jy gee n bietjie en ek gee n bietjie.”

Half verlig, sê manlief:

“Nou goed, hoe doen ons dit?”

Vrou:

“Jy vra om verskoning en ek aanvaar dit.”

‘n Poedelkaal vrou spring in n taxi.

Die bestuurder kyk haar op en af en weer op en af.

“Wat kyk jy? Is jy nie ‘n kaal vrou gewoond nie!?” snou sy hom toe.

Waarop hy antwoord:

“Ek wonder net waar bêre jy die geld om my mee te betaal.”

Toe ‘n klein dogtertjie wil weet hoe oud haar ouma is, maak sy ‘n grappie en sê:

“Ag my kind, ouma is so oud dat ek al vergeet het hoe oud ek is.”

Dogtertjie:

“Ouma moet agter in ouma se panties kyk. Myne sê ek is 5 tot 6 jaar.”

Die laatie vra vir sy pa:

“Hoekom het pappa met mamma getrou?”

Die man draai na sy vrou en sê:

“Sien jy nou? Selfs die kind verstaan dit ook nie.”

Polisieman:

“Mevrou, ek verstaan nie mooi nie. Jy sê jou man het gesterf nadat hy hierdie gif gedrink het. Nou waarom is sy lyk dan so bebloed en vol kneusplekke?”

Vrou:

“Dis omdat hy nie die gif wou drink nie.”

‘n Polisieman stop baie laat in die nag vir ou Jan in sy bakkie, en wil weet waarheen hy so laat op pad is…

“Sersant, ek's op pad na ‘n lesing oor die misbruik van alkohol en die gevare van dronkbestuur, asook ‘n hele klomp ander stront.”

Sersant:

“Nou wie de hel is so van sy kop af om hierdie tyd van die nag ‘n lesing te wil gee?”

Toe ouma tuiskom nadat sy gaan inkopies doen het, vind sy oupa lekker bemoerd in sy leunstoel.

“Het jy die sjerrie gekry?” wil hy weet.

Sy sê:

“Watse sjerrie? Jy't my niks van sjerrie gesê nie.”

Oupa:

“Ja, maar dis omdat jou foon af is. Ek het jou heeldag probeer bel.”

Ouma gee een kyk na die koffietafel en sê:

“Dit sal help as jy jou foon gebruik. Hierdie is die calculator.”

Seuntjie:

“Mamma, as ooievaars binne-egtelike babas bring, waar kom buite-egtelike babas dan vandaan?”

Ma:

“Rondloper voëls, my kind.”

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

EERSTELING ✒️

Met die eerste aanraak
jou frommel-ore gestreel en
die vrugwatervet
van jou wange afgesoen
Toe, met jou teen my bors
op my knieë gegaan
om ons Here God te dank

Somme’ dat ek kan…

Klein Jannie is besig om sy wiskunde huiswerk te doen.

Terwyl hy optel sê hy vir homself:

“2 + 5 en hierdie son of a bitch is 7.

3 + 6 en hierdie son of a bitch is 9.”

Sy ma hoor wat hy sê en geskok vra sy:

“Wat doen jy?” 😱

Jannie: “My wiskunde huiswerk, mamma.”

Ma: “En is dit hoe die juffrou julle leer?”

Jannie: “Ja mamma.” 😓

Die volgende oggend is mamma by die skool en sonder om te wag loop sy die juffrou storm.

Ma: “Mag ek vra wat leer jy my seun in wiskunde?”

Juffrou: “Wel, ons is nou besig met optel. Hoekom?”

Ma: “En jy wil my sê dat jy hulle leer dat 2 + 2 en die son of a bitch is 4!!!!” 🫣

Na die juffrou se lagbui bedaar het, antwoord sy:

“Wat ek hulle leer is om in Engels ook te kan optel.

My woorde is:

Ai, die spietkops. Hulle bly maar ander pampoene se pitte. 🚨

So stop een van hulle ‘n ou Tannie wat oor ‘n stopstraat jaag 👇

Spietkop: “Dame, u het sopas oor ‘n stopstraat gery en die boete daarvoor is R500. Kan ek asseblief u bestuurslisensie kry?”

Tannie: “Dis innie glove box.”

Spietkop: “Maak dit oop asseblief.”

Tannie: “Ek dink nie ek moet nie. Daar is ‘n pistool daarin.”

Spietkop: “Maak oop. Ek wil dit sien.”

Tannie: “Ek kan nie. Die sleutel is in my man se broeksak.”

Spietkop: “Nou waar is u man?”

Tannie: “In die kattebak.”

Spietkop: “Vir wat is u man in die kattebak terwyl u bestuur?”

Tannie: “Sy lyk sou te veel aandag trek hier voor innie kar. Daar was baie bloed na 3 skote deur sy kop.”

Onmiddellik staan die spietkop terug en rig sy pistool op haar, terwyl hy sê:

“Sit jou hande op die stuurwiel en hou hulle daar.”

Daarna beweeg hy agteruit na sy voertuig en versoek bystand oor die radio.

Binne oomblikke is daar ‘n horde verkeersvoertuie rondom die tante se kar en almal staan daar agter met hul vuurwapens op haar gerig.

‘n Persoon, wat duidelik in beheer is, kom versigtig nader en beveel haar om uit te klim, waarna hy vra om haar bestuurslisensie te sien.

Sy beduie na die paneelkissie en vra in ‘n bewerige stemmetjie dat die bevelvoerder dit moet uithaal.

Toe hy die sleutel vra en sy antwoord dat dit nie gesluit is nie, lig die bevelvoerder se wenkbroue.

Hy maak die paneelkissie oop, kry die lisensie, en daarna maak hy die kattebak oop.

Toe kom hy na haar en sê:

“Mevrou Beyers, ek verstaan glad nie wat hier aangaan nie. Vertel asseblief jou kant van die gebeure.”

“Ek weet self nie, Kaptein. Ek het dood onskuldig hier in die straat afgery toe die konstabel my stop en allerhande bewerings en aantygings maak. En toe ek weer sien, is julle almal hier.”

“Dis nie wat hy ons vertel het nie,” sê die bevelvoerder.

“Ek sal jou kan glo, Kaptein. Hy kon dalk vir julle vertel dat ek PW Botha se ma is en sonder ‘n lisensie teen ‘n moerse spoed oor verskeie rooi robotte en stopstrate gejaag het, terwyl daar dwelms, wapens en lyke in my kar is…”

You’re 28 days away from firmer, glowier skin.

Aramore’s MIT & Harvard co-founders developed a special complex to help boost back skin’s NAD+, the molecule that controls how we age. Best part: you’ll see results in just one skin cycle, or 28 days.

Start your skin transformation with 20% off. Use code NEWSLETTER20.

Stoot hom nou as die vure brand👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

Ons lag weer Vrydag saam.

Hou die blink kant bo, die lisensie geldig, die koelboks vol, en weg van die bestuurder af.

Wat praat ek…

Niemand van ons ry nêrens heen nie…

Vat jou bles en jou boks en braai lekker by die huis.

Tot Vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading