In partnership with

Gryp โ€˜n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder โ€˜n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! ๐Ÿ‘‡

Welkom by Dik Wors!

Amerika vier hierdie naweek sy 250ste verjaardag, amptelik die "Semiquincentennial" genoem, ter herdenking van die Onafhanklikheidsverklaring wat op 4 Julie 1776 onderteken is.

Regoor die land is daar groot feesvieringe soos 'n reusagtige "America's Block Party", die begrawing van 'n tydkapsule en โ€˜n moerse konsert.

In kort: Dis cracker skiet tyd! As Oom Donald nie te besig is om die k@k uit Iran te skiet nie, gaan hulle verseker dit by die huis doen diรฉ naweek. Skiet โ€˜n cracker en โ€˜n Mamdani, anders is dit dalk julle laaste partyโ€ฆ

Terwyl die Yankees probeer hot dogs braai, gaan ons by die huis ordentlik braai!

Die Bokke is reg vir Engeland.

Is jy reg vir โ€˜n groot vuur, โ€˜n lang wa, en โ€˜n lekker Dik Wors?

Vandag het ons lekker stories vir die braai.

Kies jou gunsteling en bevorder en beskerm ons taal deur dit oor te vertel by die kuier.

Ditโ€ฆ is die hart van Projek Dik Wors. ๐Ÿ’ช

Kom ons kuier en ons braai!!! ๐Ÿ‘‡

How Do The French Age So Gracefully?

"Must the French always insist on doing it better? And by โ€œitโ€ I mean life. Sure, their popular music is often regrettable and they arenโ€™t exactly killing it in tech, but, they look good not killing it. They also happen to look good long after most of us donโ€™t. Sexy, flirty, confident โ€” Parisians embrace aging with typical รฉlan. The most stylish among them share their secrets.

Read the article for free on Air Mail LOOK, a lively, curious, informed look at beauty with a reporterโ€™s eye, a taste for intrigue, and a sense of humor, from Linda Wells."

Hรชppie 4th of July, Uncle Donald! ๐Ÿˆ๐Ÿงจ

Uncle Bennie se kwotasie ๐Ÿ”จ

By 'n skool op die Kaapse Vlakte vra 'n skoolhoof dat nutsmanne uit die gemeenskap op 'n gegewe datum, persoonlik by die skool 'n kwotasie moet kom gee vir die herstel van 'n heining. Op die dag, wat hy versoek het, daag drie kรชrels op.

Uncle Bennie, 'n gerespekteerde man en ouderling in die kerk, is eerste aan die beurt:

"Ek sal die joppie virrie skool doen vir 'n R1700. Daai is mos nou R800 virrie material, R800 virrie labour en R100 profit vir my."

Die volgende man sรช dat hy vรชr bly en met die prys van brandstof, soos dit nou is, sal sy beste prys R1900 wees.

Intussen staan Gatiep eenkant in die kantoor en wag tot die ander twee al uit is. Toe sรช hy:

"Die prys is R3700."

"Wat! Is jy bedonnerd in jou kop? Hoe kom jy nogal by daai prys uit?" wil die hoof weet.

Gatiep knipoog vir die skoolhoof ๐Ÿ‘‡

Die laaste keer ๐Ÿด

Na 'n pot muurbal, drink Chris en sy groot maat, Kallie, 'n bier in die klubhuis en gesels oor ditjies en datjies. Op 'n stadium kla Chris by sy vriend, omdat hy en sy vrou deesdae al hoe meer rusie maak.

Dis toe dat Kallie sรช:

"Tjomma, as ek kon, sou ek jou raad gee, maar in die bykans 20 jaar, wat ek en Carli getroud is, het ons nog nooit rusie gemaak nie."

Chris: "Stront man, verduidelik jy vir my hoe kan 'n mens 20 jaar getroud wees, sonder enige rusie."

Kallie vat 'n sluk bier en sรช:

"Nou goed, as jy wil weet, sal ek jou vertel. Destyds was ons na die Drakensberge vir ons honeymoon. Op 'n dag huur ons by die oord twee perde, om die omgewing te verken en die natuurskoon te geniet.

Ons was skaars by die oord se hek uit, toe gooi Carli se perd haar af. Ek wou nog help, toe is sy op haar voete en sรช vir daai perd, 'Dit was die laaste keer.'

Ou Chris, jy sal my nie glo nie, ons was skaars op pad, toe gooi die perd haar weer af. Hierdie keer bly sy so 'n rukkie lรช en toe ek haar wil ophelp, stoot sy my hande weg en loop na die perd, wat daar langs die voetpad staan en peusel aan 'n graspol.

Sonder om 'n woord te sรช, haal sy 'n pistool uit haar rugsak en skiet die perd net daar tussen die oรซ, morsdood."

"Toe ek geskok vir haar vra of sy mal in haar kop is om die perd te skiet, weet jy wat is haar antwoord?"

Chris: "Nee, wat het sy gesรช?" ๐Ÿ‘‡

Abraham moes net bieg ๐Ÿ™ ๐Ÿ˜‰

Die tagtigjarige Abraham klop aan die bieghokkie se afskorting en op die priester se versoek, sรช hy:

"Vader, ek is al vyf en vyftig jaar getroud en was nog nooit ontrou aan my vrou gewees nie.

Gister wen ek egter 'n groot bedrag geld by die Casino en bring toe die hele nag saam met twee 20 jarige blondines in 'n hotelkamer deur.

Ek het nie geweet dat ek nog soveel stamina het nie."

Priester: "Wanneer laas het jy gebieg?"

Abraham: "Ek het nog nooit gebieg nie, vader."

Priester: "Is jy lid van hierdie gemeente, my seun?"

Abraham: "Nee vader, ek is lid van Rabbi Davidovitz se gemeente."

Priester: "Maar dan kan jy mos nie hier kom bieg nie." ๐Ÿ‘‡

GRATIS! Vir al ons Dik Wors lesers! ๐Ÿ‘‡

Joune om van te leer, te besit, en te verkoop!

Live right now: California. Texas. The Billboard Hot 100.

The California governor primary is happening right now. So is the 2028 presidential race, the next Senate runoff, and whether Taylor Swift tops the charts in June. Kalshi is the federally regulated prediction market where real money trades on real events. Your read on what happens next has value here.

Trade responsibly.

ONS MOOI TAAL โœ’๏ธ

Uit Sprokie vir โ€˜n Stadskind deur Koos Du Plessis

Gesing hier deur ๐Ÿ‘‰ Theuns Jordaan

As die reรซn van stof en roet verby is
en die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
โ€˜n neonboog verskyn
En kyk maar goed want as jy hom vind
Vertel ek vir jou โ€˜n sprokie my kind
Van โ€˜n skatkis met ou kettings gebind
Aan die neonboog se punt.

Die hanswors by die kantoor ๐Ÿ˜ข

Tydens sy maatskappy se Pa en Seun dag, neem pa Swys vir klein Francois saam werk toe. Tot almal se verbasing, het die knorrige ou grootbaas selfs met 'n restaurant groep gereรซl om 'n klein onthaal vir die maatskappy se belangrike besoekers aan te bied.

Alles verloop seepglad en die seuns geniet hul gate uit saam met hul pappas. Toe almal vroegmiddag begin huiswaarts keer, is klein Francois in trane.

Swys vra waarom hy huil, maar al wat hy sรช is, "Ek het hom nie gesien nie."

Verskeie kollegas staan nader en help troos. Tot die grootbaas is by. Hy hurk by klein Francois en sรช:

"Toemaar ou grootman, sรช vir oom wie dit is wat jy nie gesien het nie, dan kyk ons of ek dit kan reรซl."

Klein Francois: "Die hanswors, Oom!"

Grootbaas: "Ai, ou seun, hier is nie een nie, maar as julle volgende keer kom kuier, sal oom reรซl dat hier een is, hoor." ๐Ÿ‘‡

Die viswyf en die muil ๐Ÿด

Die uitdrukking, 'Sy kyf soos 'n viswyf', was regtig op oom Daantjie se vrou van toepassing. Daai tante kon nou vir jou kyf, skel, kla en te kere gaan, dat jy wou mal word.

Daantjie het op 'n lappie grond langs die dorp 'n bestaan gemaak. Op 'n dag, terwyl hy besig is om te oes, bring die tante oudergewoonte, haar middagete daar op die land, kywend en klaend soos gewoonlik.

Sy moes selfs die pakmuil, waarmee hy altyd sy oeste mark toe geneem het, ontstig het, want die haak af en skop haar, een skoot teen die kop, morsdood.

Tydens die tante se begrafnis, merk die pastoor op, dat oom Daantjie sy kop instemmend knik vir die vroue met wie hy praat, en weerskante toe, ontkennend, vir die mans.

Na die teraardebestelling, drink almal tee in die kerksaal en die pastoor wil toe by oom Daantjie weet oor die kopknikkery.

Oom Daantjie verduidelik toe:

"Die vroue het almal gesรช sy lyk mooi, daar waar sy in die kis lรช.

Dan het ek instemmend geknik. ๐Ÿ‘‡

Postgres Didn't Fail You. Your Architecture Did.

Adding a second database was supposed to fix things. Now you manage sync, drift, and pipelines on top of queries that are still slow.

TimescaleDB extends Postgres instead. Hypertables, 95% compression, continuous aggregates. One database. No pipeline.

Dokter Fanus se raad ๐Ÿ’ง

Dokter Fanus het al jare lank sy praktyk op 'n plattelandse dorp. Baie van sy pasiรซnte ken hy van kindsbeen af. Op 'n dag kom spreek Alta, die plaaslike verkeershoof se vrou, hom:

"Dok, ek weet nie meer wat om te doen nie. Gys verloor in die laaste tyd sy humeur vir alles. As ek my mond oopmaak, eindig dit in 'n rusie. Jy moet help asseblief. Is daar nie 'n tipe kalmeermiddel om voor te skryf nie. So kan dit nie."

Maar dok Fanus val haar in die rede: "Ek het 'n baie goeie raad vir dit. Elke keer as dit lyk of hy sy humeur gaan verloor, neem jy 'n sluk water. Moet dit onder geen omstandighede insluk nie. Sloesh dit net in jou mond. Probeer dit vir twee weke en kom sien my weer."

Presies twee weke later sit 'n vars en opgewekte Alta met 'n blos op haar wange, weer voor hom en sรช:

"Dok, jou raad het gewerk. Ek het gereeld gemaak soos jy gesรช het en Gys het nog nooit weer sy humeur verloor nie. Ek kan byna nie glo dat so eenvoudige raad die probleem opgelos het nie, hoe werk dit?"

Dok Fanus: "Baie eenvoudigโ€ฆโ€ ๐Ÿ‘‡

Het jy laas week se Dik Worse gemis? ๐Ÿ‘‡

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!

Skiet โ€˜n cracker, ou Trumpie.

Knak โ€˜n Pommie, ou Bokkie!

Tot volgende week, en onthouโ€ฆ

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading