
Welkom by Dik Wors!
Spesiale aankondiging! 🔊
Ons Dik Wors Gemeenskap is hier 💪
Vandag materialiseer Dik Wors se langtermynplan.
Dik Wors Braaikamer
'n GRATIS aanlyn uithangplek waar ons nie net saam lag nie, maar ook saam bou.
Deel jou stories, jou grappe, jou wysheid, alles wat ons taal laat lewe.
Binne die gemeenskap kry jy afdelings (aanlyn kamers) vir alles wat saak maak.
Dit is juis hier waar ons as Afrikaanses kan saamwerk en saamstaan.
Markplein
Werksgeleenthede
Sakekamer
Liefdadigheid
Skole Sport
en natuurlik al die nuusbriewe bymekaar, plus alles van Melkbaard tot Stoppelbaard en Hardebaard stories.
Dalk nog ‘n Hoekie vir Eensames… ons sal sien…
Hoe meer van ons hier saamstaan, hoe sterker word ons stem, hoe verder reik ons taal, en hoe meer bereik ons saam as gemeenskap.
Kom sluit GRATIS aan by die Dik Wors Braaikamer 👇
Uitnodigings kom ook in ‘n aparte epos vir diegene wat vandag gemis het. 🎁
Maar vir nou, dit is Vrydag!
Wat ook al jou job, ek is seker jy is ‘n bietjie gatvol..?
Geniet ‘n ding soos net jy kan! 👇

Trade What Happens Next
From elections and inflation to sports, tech, and more, Kalshi lets you trade on the real-world events you already follow. Buy “Yes” or “No” contracts based on what you think will happen, then earn returns if you’re right.
Pick a market, make your prediction, and put your knowledge to work.
Bonus credit varies from $15 to $500. Terms apply.
Dis die prop vir die job 🚗
'n Netjiese blondie kom by 'n plek wat motoronderdele verkoop en vra vir Mike agter die toonbank -
“Het julle vir my ‘n 710 prop vir 'n wit Polo?”
Mike snork per ongeluk vir daai een en maak homself bymekaar, maar tog kan hy dit nie help nie -
"Dame, ons het alle onderdele vir alle soorte Polos… Wittes… Bloues… Rooies…
Ek het nog nie van 'n 710 prop gehoor nie. Waar in die Polo kry mens dit?"
Blondie: "Dis daai swart prop wat bo-op die enjin sit."
Vir 'n oomblik frons Mike en toe gaan die lig aan terwyl hy sy kop skuins draai.
"710...?
O, ek sien… 👇☝️

Sussie se raad 👶
Pieter is besig om sy tas te pak vir 'n sakereis, terwyl die tweejarige Anja langs die tas op die bed sit en pappa van "raad" bedien.
“En, sussie… Hoeveel baadjies moet pappa saamvat?”
Sy hou twee vingertjies na hom uit.
Speels druk hy hulle in sy mond, terwyl hy sê:
"Pappa eet sommer hierdie vingers…" wat hierdie liefkindjie van hom laat kraai van plesier.
Dan raak sy stil en staar na die twee vingertjies met oë wat skielik vol trane is.
"En nou, wat is fout, Liefie?" 👇

Markus 17 ⛪
Dominee van der Merwe sluit een Sondag sy preek af met 'n versoek dat al die broers en susters gedurende die komende week 'n punt daarvan moet maak om Markus 17 te lees.
Die volgende Sondag, voor hy met sy preek begin, vra hy:
"Broers en susters, steek asseblief hande op, wie het onthou om die afgelope week Markus 17 te lees?"
Feitlik almal se hande gaan op.
Toe gaan hy voort:
"Liewe gemeente, ek wil vandag met julle praat oor die sonde van lieg...
Ek gaan begin, deur te sê dat die boek, Markus, bevat slegs 16 hoofstukke!
Daar bestaan nie 'n Markus 17 nie…👇



The Future Today: From the president of OpenAI to the CEO of Google, we talk to the actual people changing the world with AI. And then we put all of their insights, advice, and business ingenuity into our newsletter. Join 75K Readers →
Ek trek jou rubber handskoen 🦷
Tant Sophie kuier by haar dogter en skoonseun in die stad. Laasgenoemde is 'n tandarts en bied aan om haar tande weer mooi skoon en wit te maak.
Toe sy daarvoor by sy spreekkamer aankom, is haar senuwees gedaan. Die skoonseun merk dit en probeer 'n grappie maak, terwyl hy 'n paar latex handskoene aantrek:
"Weet ma hoe word hierdie handskoene gemaak?" vra hy en gaan voort, toe sy haar kop ontkennend skud.
"Hulle smelt die rubber in groot houers. Dan kom werkers, wat volgens die grootte van hul hande in groepe verdeel is en druk hul hande in die gesmelte rubber.
Daarna laat hulle die ekstra rubber afdrup, voordat hulle dit onder groot fans hou om te droog.
Wanneer dit dan droog is, word hulle uitgetrek en in kratte gegooi om verpak te word."
Toe hierdie poging van hom nie eens 'n glimlag ontlok nie, haal skoonseun sy skouers op en begin werk in haar mond.
Hy was skaars 'n minuut besig, toe tant Sophie skielik uitbars van die lag.
Sy lag so, dat hy eers moet ophou werk en verbaas vra:
"En nou, waaroor lag ma so lekker?"
"Ai, ou seun, dit tref my nou soos ‘n klip teen die kop…👇

What 200K+ Engineers Read to Stay Ahead
Your GitHub stars won't save you if you're behind on tech trends.
That's why over 200K engineers read The Code to spot what's coming next.
Get curated tech news, tools, and insights twice a week
Learn about emerging trends you can leverage at work in just 5 mins a day
Become the engineer who always knows what's next
ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Rooi Son en Tequila
Deur 👉 Hugo (Luister op YouTube)
Ek wens vir jou ‘n rooi son
En ‘n lyf vol tequila
Ek wens vir jou n rooi son
En ‘n man wat oor die krans uit kom met ‘n lyf vol tequila
Antwoorde op die diep vrae
Die lawaai van ‘n veldnag met ‘n doringboom as skildwag
Teen die koue van die laatnag uur
Die rookreuk van ‘n vuur
Ek wens ook jy kry hoendervleis as die kraaie so sou spoke kruis
En die jakkals se lot lag-lag bekla
Antwoorde vind op die diep vrae
Maar as die stilte van die onskulddier daar buite wag
En kort van duur
Soos die sterre hang, laag en swart
Dan wens ek jy's ook daar.
Die drie broers 🛁
Die tagtigjarige oom Kleinboet en sy twee ouer broers woon al jare saam in 'n klein dubbelverdieping huisie.
Terwyl die drie een aand sit en televisie kyk, staan die oudste broer, oom Kotie, op en sê dat hy gou gaan bad.
Toe hy in die badkamer op die boonste vloer kom, kan hy nie onthou wat hy daar kom doen het nie en hy roep teen die trappe af:
"Kan een van julle my sê wat ek hierbo kom doen het?"
"Wag, ek kom," sê die tweede oudste broer, oom Attie.
Hy loop na die trappe en met sy een voet op die eerste trappie, stop hy.
Skielik kan hy nie onthou wat hy daar aan die onderpunt van die trap soek nie.
"Was ek op pad boontoe, of het ek afgekom?" vra hy vir oom Kleinboet in die TV kamer en terwyl laasgenoemde orent sukkel, klop hy vir "touch wood" op die koffietafel, terwyl hy laggend sê:
"Ai tog, ek is dankbaar dat ek nie so siniel soos julle twee oues van dae is nie. 👇


Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇
Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Sluit aan by die nuwe Dik Wors Braaikamer Afrikaanse aanlyn gemeenskap.
Jou uitnodiging is in jou posbus!
Geniet die naweek, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors




