In partnership with

Welkom by Dik Wors!

Suid-Afrika het hierdie week iets besonders reggekry.

Die Springbokke, die Junior Bokke en die Blitsbokke is tans almal gelyktydig wêreldkampioene – 'n prestasie wat min lande ooit sal kan ewenaar.

En om die cherry op die Bok koek te sit, moet die regering wat niks beter het om te doen nie, ‘n reuse k@k vat op Bokkieweek.

Net in Suid Afrika!

Gelukkig is dit Vrydag!

Kom ons gooi ‘n lekker “stywe” dop en braai ‘n dik wors! 👇

Trade What Happens Next

From elections and inflation to sports, tech, and more, Kalshi lets you trade on the real-world events you already follow. Buy “Yes” or “No” contracts based on what you think will happen, then earn returns if you’re right.

Pick a market, make your prediction, and put your knowledge to work.

Bonus credit varies from $15 to $500. Terms apply.

Laat waai met ‘n korte by die braai! 🔥

Hierdie kortes is ingestuur aan Dik Wors deur Danie S. 👇 Dankie, Danie! 💪

Wat is brandende liefde? Dis wanneer jy in die donker die Vaseline soek en die Vicks raakvat!

Gatiep en Maraai stap uit Spar uit met 'n pram. Maraai kyk in die pram en skree:

"Dis die verkeerde kind!!!"

Gatiep sê: "Hou jou bek man, dis 'n beter pram!"

'n Ou oom sit by die busstop en huil snot en trane.

Een ou kom en vra hoekom huil hy dan.

Hy sê hy is met 'n 20 jarige meisie getroud en ons het seks in die oggend, in die middag en in die aand.

Ou vra: "Nou hoekom huil oom dan?"

"Ek het vergeet waar ons bly!"

As twee tots brandy jou hups maak en twee tots rum jou lus maak, wat maak 'n meisie swanger?

'n Dubbel Bols en 'n stywe Johnny Walker!

Dominee en ouderling doen huisbesoek by 'n sexy weduwee met 'n lae halslyn.

Om haar nek is 'n kettinkie met 'n goue kruis wat laag hang.

Die dominee sien hoe die ouderling staar.

"Broer, is jou oog op die kruis gerig?"

"Nee dominee, ek hou die twee sondaars weerskante dop."

Oupa wil vir sy kleindogter 'n rydingetjie koop en dink dadelik aan die ou Fordjie wat so goed was in sy jong dae.

Hy vra bietjie rond en kom op 'n koerant advertensie af wat lees: "Eskort agentskap."

Oupa bel en vra: "Wat kos die Eskortjie?"

"So tussen R200 en R400, Meneer."

"My magtig! Vir so weggeeprys is hul seker moertoe gery!"

Frank se familiegeheim 💪🚀

Frank gaan sien sy dokter vir 'n check up.

Na 'n deeglike ondersoek en verskeie toetse, gaan sit die dokter oorkant hom en sê:

"Ek is verstom. Jou uitslae lees soos die van 'n jong man, maar ek weet dat jy vyftig jaar oud is. Wat is jou geheim, hoe de hel kry jy dit reg?"

Frank: "Dit moet in ons familie wees, dok, veral aan my pa se kant word almal baie oud. My oupa is 101 jaar oud en hy is 'n week gelede weer getroud."

Dokter: "Wat! Ek kan dit nie glo nie, vir wat sal 'n man wat ouer as honderd jaar is, wragtig WEER WIL trou?"

Megan kan maar net droom 💎

Omdat Megan weet dat Martin nie 'n romantiese man is nie, het sy daardie deel van hul huwelik, op haar skouers geneem. Op die oggend van hul tiende huweliksherdenking, bederf sy hom met 'n heerlike ontbyt voordat hy werk toe ry.

Terwyl hy eet, sê sy: "Ai my liefste man, ek het laasnag 'n snaakse droom gehad, ek kry dit net nie uit my kop uit nie. Ek droom ons twee het 'n romantiese ete, omdat ons vandag al tien jaar getroud is.

Net voor ons begin eet, bring die kelner 'n pakkie, mooi toegedraai in duur geskenkpapier en plaas dit voor my. Toe ek dit oopmaak, kry ek daarin die mooiste diamant halssnoer, wat ek in my lewe gesien het, en toe lui die blerrie wekker. Ek wonder al heel oggend wat dit kan beteken."

Toe Martin haar dan ook later die dag bel om te sê dat hulle gaan uiteet, begin sy glo dat haar plan gewerk het.

Later die aand in 'n romantiese restaurant, verloop alles net soos sy kamtig gedroom het. Net voor hulle met die hoofgereg begin, bestel Martin nog 'n bottel wyn en toe kom plaas die hoofkelner 'n pakkie, toegedraai in geskenkpapier, net die regte grootte vir ‘n halssnoerboks, voor Megan op die tafel.

Martin knipoog vir haar en met hande, wat effens bewe, maak sy die pakkie oop… 👇

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day

You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.

While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.

How?

The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.

Here's what you get:

  • AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day

  • Tools and workflows that cut your coding time in half

  • Tech insights that keep you 6 months ahead

Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.

GRATIS vir al ons Dik Wors lesers 👇

Tant Shirley se sake… ⚖️

Tant Shirley se advokaat, vir haar verdediging, roep haar na die getuiebank en sê:

"Vertel in u eie woorde aan die hof hoe oud u is en wat die nag van 1 April gebeur het."

Shirley: "Wel, ek is 72 jaar oud en het daardie aand, oudergewoonte, teen skemer op my voorstoep gesit en 'n glasie wyn geniet, soos ek elke aand die afgelope 15 jaar doen, sedert my liewe man se dood."

"En wat gebeur toe?" wil die advokaat weet.

Shirley: "Terwyl ek daar sit, kom 'n aantreklike jong man van die straat af by die voorhekkie in en kom sit op die bankie langs my. Sonder 'n woord, sit hy toe sy hand op my knie. Dit was effens vreemd, maar die herinnering wat die gebaar wakker gemaak het, was heel aangenaam en ek het toegelaat dat hy… uh… meer as net ‘n knie voel…

Teen daardie tyd kon ek net fluister: 'Nie hier op die stoep nie,' en toe gaan ons die huis binne. Sommer daar in die eetkamer, tel hy my op en sit my op die tafel neer… reg vir ding… Soos ek gesê het, dit was al meer as 15 jaar na my liewe Robert se dood en ek kon nie meer helder dink nie."

"En toe?" por die advokaat haar aan.

"Terwyl ek daar vuur en vlam op die tafel sit, kyk die jong man diep in my oë en sê: '

“April Fool!”

"En toe?" vra die advokaat weer… 👇

Daily news for curious minds.

Be the smartest person in the room. 1440 navigates 100+ sources to deliver a comprehensive, unbiased news roundup — politics, business, culture, and more — in a quick, 5-minute read. Completely free, completely factual.

ONS MOOI TAAL ✒️

Uit Blouberg se strand
Deur 👉 Laurika Rauch (Luister op YouTube)

Daar is witgekalkte huise
En ou Tafelberg
Daar is hengelaars met stok en hoed
Wat vroeg visse terg
My pa sê "my kind, ons moet swartmossels vind"
Dis vroeg na die lang nag
En ons groet die dag
Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand.

Jan en sy Koekie 👱‍♀️

Jan neem deel aan 'n televisieprogram, soortgelyk aan Who Wants To Be a Millionaire, maar jou lewensmaat is jou mededeelnemer en sit in 'n klankdigte hokkie, vanwaar hy of sy niks kan hoor of sien nie.

Jan dring deur tot by die laaste vraag en kan R500 000 wen, as hy dit korrek beantwoord.

As hy verkeerd is, kry hy niks. Alternatiewelik mag hy "Pass" en dan ontvang hy slegs 'n versekerde R20 000.

Sy verloofde, Sandy, is sy mededeelnemer, maar hierdie blonde nooi van hom, was tot dusver nie van enige hulp nie.

Die vraag lui:

Watter een van die volgende voëls bou nie sy eie nes nie, maar lê sy eiers in ander voëls se neste, sodat hulle dit dan saam met hul eie eiers uitbroei en die kuikens grootmaak?

A. Muisvoël. B. Tinktinkie. C. Koekoek. D. Bokmakierie.

Jan is skoon geboul. Hy ken nie die antwoord nie en moet na Sandy deurskakel en vir haar vra, voor hy dan binne een minuut moet besluit of sy die antwoord ken en of hy eerder "Pass" moet kies.

Toe hy dan ook vir haar vra, antwoord sy sonder versuim:

"Dis maklik, die antwoord is beslis, C, Koekoek."

Vir 'n oomblik huiwer Jan, moet hy nie maar die gewaarborgde twintigduisend rand neem nie, maar tog, Sandy het so seker van haar saak geklink, dan sê hy:

"C, Koekoek, dis my finale antwoord."

Later daardie aand terwyl Jan en Sandy saam met pelle en familie partytjie hou, wil hy by Sandy weet hoe sy geweet het dat koekoek die regte antwoord is 👇

Dik Wors beveel aan 👇

The Build Brief

The Build Brief

The free SA construction industry toolbox and newsletter! 🛠️

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.

Staan styf met ‘n arm om die lyf!

Geniet die naweek saam met mense wat saak maak.

Tot vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading