
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aangestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇
Welkom by Dik Wors!
Die kabinet het Donderdag die groen lig gegee vir die verlenging van liksênsie se geldigheidstydperk, van vyf na tien jaar.
Die minister in die presidensie het bevestig dat dit vir ligte voertuie en motorfietse geld, kodes A, A1, B en EB.
Die rede vir die verandering? Suid-Afrika se enigste lisensiekaartdrukker het al so dikwels ingegee dat die agterstand groter geword het as die tou by 'n Pepstores teller of ‘n Capitec OTM op 'n Vrydagmiddag.
Tien jaar is trouens twee jaar meer as wat die Departement van Vervoer aanvanklik voorgestel het.
Die wetswysigings moet egter nog deur die parlement, so vir eers moet almal met vervalde lisensies steeds soos gewoonlik gaan hernu, tot die nuwe wet amptelik in werking tree.
Nou het jy darem tien jaar lank 'n verskoning as iemand vra hoekom jou lisensiefoto so verskriklik lyk…
Dis Klein Saterdag! Gooi ietsie en kuier tot jy vir jouself beter as jou foto lyk! 👇


How Jennifer Aniston’s LolaVie brand grew sales 40% with CTV ads
For its first CTV campaign, Jennifer Aniston’s DTC haircare brand LolaVie had a few non-negotiables. The campaign had to be simple. It had to demonstrate measurable impact. And it had to be full-funnel.
LolaVie used Roku Ads Manager to test and optimize creatives — reaching millions of potential customers at all stages of their purchase journeys. Roku Ads Manager helped the brand convey LolaVie’s playful voice while helping drive omnichannel sales across both ecommerce and retail touchpoints.
The campaign included an Action Ad overlay that let viewers shop directly from their TVs by clicking OK on their Roku remote. This guided them to the website to buy LolaVie products.
Discover how Roku Ads Manager helped LolaVie drive big sales and customer growth with self-serve TV ads.
The DTC beauty category is crowded. To break through, Jennifer Aniston’s brand LolaVie, worked with Roku Ads Manager to easily set up, test, and optimize CTV ad creatives. The campaign helped drive a big lift in sales and customer growth, helping LolaVie break through in the crowded beauty category.
Boekie vir Koekie 📚
‘n Ougat Blondie dwaal rond tussen die rakkie by Exclusive Books.
Na ‘n rukkie van afkop hoender opsevasie, en die kortste vuurhoutjie trek, stap een van die verkoopdames maar oor.
“En… waarmee help ek vandag? Kookboeke… Storie boeke… Ons het alles.
Of wat van ‘n goeie autobiografie?”
Blondie trek haar neus op.
“Autobiografie? Nee, ek hou nie van kar boeke nie…”
Kan jy nie dalk vir my iets aanbeveel nie?" fladder haar wimpers.
“Volg my,” sê die verkoopsdame. Sy skuif weer terug agter die toonbank in en hou twee boeke na vore.
"Okay… Kom ons begin so. Ligte, of swaar leesstof?" 👇

Dié tipe van goed is maar taai… 🍯
Die guitige tant Hessie gaan vir 'n ondersoek by haar huisdokter en toe hy klaar is, sê sy:
"Dok, moet asseblief nie dat Herklaas hoor ek het dit vir jou gesê nie, maar kan jy raad gee, of dalk ietsie voorskryf..?
Die laaste tyd sukkel die ou so bietjie in die kooi."
Dokter: “Tannie, voer vir oom Herklaas net heuning. Soveel as wat jy kan, soggens, middae en saans.
Tant Hessie: “Heuning? Vir wat?”
Dokter: “Omdat dit die mineraal genaamd boor bevat, wat help om hormoonvlakke te reguleer, en stikstofoksied, wat weer bloedvloei aan help”
Gebruik jou verbeelding en gee hom soveel heuning as moontlik."
Tant Hessie: “Daar is ‘n mineraal met die naam boor..?”
Die dokter knip oog en sê: “Mens kan dié klas goed nie opmaak nie…”
Twee weke later loop tant Hessie die dokter in die dorp raak en hy verneem by haar hoe dit met oom Herklaas en die heuning gaan.
"Ek kan nog nie honderd persent seker wees nie, dok.” 👇

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day
You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.
While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.
How?
The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.
Here's what you get:
AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day
Tools and workflows that cut your coding time in half
Tech insights that keep you 6 months ahead
Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.
Verstaan, Jean? 💍
Bernard en Jean is vennote in 'n suksesvolle onderneming.
Hul vriendskap kom al van skooldae af en dis dan net logies dat Bernard en sy vrou, Susan, alewig besig is om vir die enkellopende Jean 'n vrou te soek.
Toe hy weer een naweek by hulle kuier, bring Susan weer hierdie onderwerp op en soos sy lankal vermoed, erken Jean dat sy ma heel dikwels die oorsaak is, dat hy nog nie 'n vrou gevat het nie.
Sy het alewig fout te vind met elke nooi wat hy aan sy ouers gaan voorstel.
Dis toe dat Susan hom raad gee:
"Jean, wat ek sal voorstel, is dat jy van nou af na 'n vrou soek, wat presies soos jou ma is, sodat sy nie met haar kan fout vind, sonder om 'n vinger na haarself te wys nie."
Hiermee stem Jean saam en toe hulle 'n paar weke later, weer een aand 'n tjoppie op die kole gooi, wil Susan weet of hy al so 'n nooi raakgeloop het.
Op Jean se "Ja, ek het" wil sy weet:
"Nou wat sê jou ma van haar?"
Jean: "My ma is mal oor haar!” 👇


Daily news for curious minds.
Be the smartest person in the room. 1440 navigates 100+ sources to deliver a comprehensive, unbiased news roundup — politics, business, culture, and more — in a quick, 5-minute read. Completely free, completely factual.
ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Swakopmund
Deur Thys, die Bosveldklong
Waar die Swakop
In die Groot Blou loop
En die Namib jou hart met sandkorrels koop hier op die kus van geraamtes
Word jy weer een met jou gedagtes
Ek wil nie weg gaan nie
Ek wil bly soos die stoomlokomotief daar in die woestyn
Wil ek tot stilstand kom en die plek in neem, ek wil gaan wegkruip
Tussen langstrand se duine
En as jy my soek
Is ek in
Swakopmund
En as jy my vind
Dan's ek nie hier nie, net n stukkie vrede
In my gemoed
My laaste staan
My laaste groet.
Kom hier met jou faktuur 🏨
'n Mooi elegante dame kom op 'n snikhete dag by die enigste motorhawe op 'n klein plattelandse dorpie.
Haar luukse BMW gee probleme, soos hulle mos maar doen. Die eienaar, wat ook die werktuigkundige is, deel haar mee dat dit minstens drie ure sal neem, om te herstel, aangesien hy eers gou die nodige onderdeel by 'n agentskap op die buurdorp moet gaan haal.
Omdat sy plekkie nie 'n ruskamer het nie, neem hy haar na die dorp se enigste hotel.
Daar reël hy met die ontvangsdame dat hy die motor na die hotel sal bring, sodra dit gereed is. Intussen moet sy vir die dame 'n kamer met lugreëling gee, waar sy solank kan rus.
Later die middag, lui die foon in die vrou se kamer. Dis die ontvangsdame. Haar motor is op pad. Toe sy by ontvangs kom om te betaal vir die kamer se gebruik, skuif laasgenoemde 'n faktuur vir die bedrag van R1500 oor die toonbank.
Die dame kyk daarna en sê: "Ek is werklik bereid om vir die kamer te betaal, maar hierdie bedrag is buitensporig."
Die ontvangsdame haal haar skouers op en verklaar dat dit die standaardtarief is.
Sy skop egter vas en dring aan om die eienaar te sien.
Toe die eienaar daar kom, bevestig hy dat die bedrag korrek is.
"Maar ek het slegs drie ure lank op die bed in die kamer gelê! Ek sal betaal, maar ek weier om R1 500 daarvoor te betaal."
Eienaar: "Al die hotel se fasiliteite was tot u beskikking, aangesien dit by die prys ingesluit is, soos byvoorbeeld ons top restaurant, ons dameskroeg, ons swembad en ook masseursalon."
Dame: "Maar ek het nie daarvan gebruik gemaak nie."
Eienaar: "Dit was tot u beskikking."
Sy sug, haal haar tjekboek uit en skryf 'n tjek uit.
Sy druk die faktuur in haar handsak en trek haarself reg.
“Mevrou, hierdie tjek is dan vir slegs R500?!"
Die dame tokkel haar vingers op die toonbank…
"My fooi is maar net R1 000. Ek het dit afgetrek van jou rekening…" 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.
Geniet ‘n super week vorentoe!
Tot Vrydag, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors




