In partnership with

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp β€˜n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder β€˜n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! πŸ‘‡

Is jy β€˜n dun worserige outjie met β€˜n toegeplakte plooibek vol tande? πŸ‘‡

Heruitsending van Woensdag se publikasie πŸ‘‡

Welkom by Dik Wors!

Dis weer Klein Saterdag, so lekker na Jeugdag, en daar's groot nuus!

Die regering het belowe dat hulle die waterkrisis "binnekort" gaan oplos.

Vir die nuwe inwoners wat hierdie week oor die draad gespring het:

"Binnekort" is staatstaal vir "vra gerus weer in 2030."

Intussen droog die damme op, droog die geduld op, maar solank die lag nooit opdroog nie sal ons survive.

Gooi β€˜n lange met ys, steek β€˜n groot vuur aan, braai β€˜n lekker dik wors, en as jy steeds deur stoot vir β€˜n ekstra lang naweek van laas Vrydag af…

Lekker jy!

The free newsletter making HR less lonely

The best HR advice comes from people who’ve been in the trenches.

That’s what this newsletter delivers.

I Hate it Here is your insider’s guide to surviving and thriving in HR, from someone who’s been there. It’s not about theory or buzzwords β€” it’s about practical, real-world advice for navigating everything from tricky managers to messy policies.

Every newsletter is written by Hebba Youssef β€” a Chief People Officer who’s seen it all and is here to share what actually works (and what doesn’t). We’re talking real talk, real strategies, and real support β€” all with a side of humor to keep you sane.

Because HR shouldn’t feel like a thankless job. And you shouldn’t feel alone in it.

Free Tools, AI Secrets & Real Online Opportunities 🌿

AI, automation, free courses, free books β€” and a free HighLevel account just for subscribing.

No fluff. Just the stuff that actually helps you build online.

Kort van draadπŸ‘‡


Netcare Ambulansdiens, hoe kan ek help? antwoord die telefoniste, en β€˜n vrouestem sΓͺ:

β€œEk het my toon teen die koffietafel gestamp. Stuur asseblief dringend β€˜n ambulans na Erikastraat 6.

Telefoniste: β€œDame, verstaan ek reg? U het u toon gestamp en nou soek u β€˜n ambulans daarvoor?

β€œDie ambulans is vir my man! Die bliksem wou nie ophou lag nie…”

Suster Ann gaan spreek moeder Theresa in haar kantoor en deel haar mee dat sy swanger is.

Moeder Theresa hou β€˜n suurlemoen na haar en sΓͺ:

β€œSuig hieraan.”

Suster Ann: β€œSal dit my swangerskap laat weggaan?”

Moeder Theresa: β€œNee, maar dit sal daai smile van jou bakkies afhaal!”

Tydens β€˜n kinderdiens sΓͺ dominee Gawie:

β€œKinders, β€˜n mens moet altyd die waarheid praat. Wat gebeur as jy jok?

Janneman: β€œMens gaan reguit hel toe!”

Dominee: β€œDis reg, Janneman, en wat gebeur as jy die waarheid praat?”

Janneman: β€œDan kry jy pakslae by jou ma! Sy sΓͺ altyd: Die hele wΓͺreld hoef nie te weet wat by die huis aangaan nie.”

Vader John sit in die bieghokkie, toe β€˜n miljoenΓͺr langsaan inskuif en begin bieg.πŸ‘‡

AiCutPro: Make Viral Videos Without Showing Your Face 🎬

You've seen those AI story videos blowing up on TikTok. Millions of views. Talking characters. No camera needed.

AiCutPro lets you make them in minutes β€” pick a template, customize, post. Done.

Kan ons ook van die wonderpoeier kry?β˜•

Aletta se man is veel ouer as sy.

Tydens β€˜n besoek aan haar dokter vra sy of hy nie iets vir ou Bertus kan voorskryf om weer bietjie vonk in hul huwelik te sit nie.

Pille help egter nie, want Bertus weier om enige pil, selfs β€˜n kopseerpil, te drink.

Die dokter gee haar β€˜n kapsule en sΓͺ:

Hier in is β€˜n poeiertjie. Dit is smaakloos. Breek net die kapsule en gooi dit ongemerk in sy koffie.

Sowat β€˜n week later loop die dokter vir Aletta raak en verneem of sy al die poeiertjie vir Bertus kon ingee, en of dit gewerk het…

β€œSoos β€˜n bom, Dokter! Toe hy my na die besoek hier kom oplaai, het ek seker gemaak dat ons twee so gou moontlik β€˜n koppie koffie drink.

Hy het skaars twee slukkies gevat, toe staan hy op en vee met een beweging alles van ons eet tafel af. Dis net borde en sousbottels wat spat!

Ai dokter, daar so op my rug op die tafel het ek nie eens sleg gevoel toe die bestuurder vir ons sΓͺ dat ons nie weer ons voete in die Spur mag sit nie…”

Closebot: An AI That Qualifies Leads and Books Appointments While You Sleep πŸ€–

Stop chasing leads manually. Closebot talks to prospects, filters out the time-wasters, and fills your calendar β€” 24/7, in your brand's voice.

Your team only deals with people ready to buy.

Rudi se rusplek ⚰️

Rudi is β€˜n skrynwerker en maak meestal goedkoop doodskiste vir 'n bestaan.

Soos enige selfrespekterende vakman, nogal trots op sy handewerk.

Een oggend in die Karoo, op pad om 'n nuwe kis af te lewer, breek sy bakkie net buite die dorpie waarheen hy dit moes neem.

Nou staan ou Rudi daar, middel van nΓͺrens, met 'n doodskis agter op sy bakkie, en geen manier om dit verder te kry nie.

Hy dink, hy krap kop, en uiteindelik besluit die sterk boerklong om sommer die kis op sy kop te tel.

Met moeite kry hy dit reg om die ding op sy kop te balanseer, en toe begin hy stap vir stap aansukkel dorp toe.

In die hoofstraat keer 'n parmantige konstabel hom voor, glad nie beΓ―ndruk met hierdie skouspel nie, en wil dadeIik weet:

β€œWat vervoer jy daar? Waarheen is jy op pad? Waarom op jou kop?”

En so gaan die vrae aan en aan…

Binne minute drom daar 'n hele klomp nuuskierige mense saam, want niks trek mos 'n skare vinniger op 'n stil Karoo oggend as 'n man met 'n kis op sy kop nie.

Hoe meer Rudi geduldig verduidelik dat die kis leeg is, hoe meer grawe die konstabel sy hakke in en dring daarop aan dat hy dit moet neersit en oopmaak, asof daar dalk 'n lyk, diamante, of dagga daar binne weggesteek is.

Die skare groei, die gemompel raak harder, en presies op diΓ© oomblik, met die spanning op sy hoogste, wil 'n nuwe aankomeling by een van die omstanders weet waarom op dees aarde daardie man met 'n doodskis op sy kop daar staan.

Dis toe dat Rudi lekker gatvol is vir diΓ© spannetjie πŸ‘‡

Magica: One AI Tool for Everything πŸͺ„

Images, videos, audio, writing, workflows β€” all from one platform. No juggling five subscriptions.

Generate, edit, restore, clone voices, build content. It just works.

ONS MOOI TAAL βœ’οΈ

Uit n Koos Doep-gedig:

As jy my kon volg op vleuels van die wind,
na wΓͺrelde oorkant die maan.
Sou jy my spoor in die melkweg vind, my tent tussen sterre sien staan.
Want ek is nog jonk en die wΓͺreld is oud.
Sy skadus val vΓͺr deur die ruim.
Neem nou my hand, want die nag word koud en waarom sal ons versuim?

DEFY en ander produkte ingesluit! Loer hier πŸ‘‡

Vattie Kakkie soos Jakkie!πŸ‘‡

Het jy laas week se Dik Worse gemis? πŸ‘‡

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

Kuier saam met mense wat saak maak en maak en stadig met die water.

Tot Vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading